|
|
|
Soek, Skryf, Nuus en Inligting
|
|
|
|
|
'n Morele vraag
The Advertiser, 10 Desember 2005
Die Dalai Lama, Tenzin Gyatso skryf dat ons groot wetenskaplike vordering in die verstaan van die menslike liggaam en brein se werking in die afgelope dekades beleef het. Die werking van biologiese organismes en die manipulering van hulle genetiese samestelling is op die voorpunt gebring met die nuutste studies in genetika wat onverwagte nuwe moontlikhede vir lewe teweeg gebring het. Die moontlikheid bestaan selfs om 'n geheel en al nuwe realiteit vir die mens te skep.
Die mensdom se interaksie met wetenskap is dus nie meer net 'n akademiese kwessie nie, dit het 'n saak van dringendheid geword vir almal wat besorg is oor die mens se voortbestaan. 'n Dialoog tussen die samelewing en neurologiese wetenskaplikes kan help om dieper insig te ontwikkel oor wat menswees is en ons verpligting om ons natuurlike omgewing met ander lewende wesens te deel.
Sommige mense mag wel wonder wat 'n Budhistiese monnik dan nou ook met wetenskap uit te waai het? Tereg ook, die peinsende Budhistiese tradisies en moderne wetenskap het van verskillende historiese, intellektuele en kulturele basisse ontwikkel, maar tog deel hulle ook heelwat dinge in gemeen, veral in filosofiese beskouings en metodologie.
Wat ook al die finale waarheid omtrent die aard van die bewussyn mag wees - of dit dan nou reduseerbaar tot fisiese prosesse is al dan nie - kennis omtrent eksperimentele feite van die onderskeie aspekte van menslike beskouings, gedagtes en emosies kan gedeel en uitgeruil word. Samewerking tussen neurologiese wetenskaplikes en tradisionele Budhiste, mag nuwe perspektiewe werp, op die belangrike morele vrae wat tydens huidige neurologiese navorsing onstaan.
Ongeag van watter beskouing 'n mens ook al oor die verhouding tussen etiek en wetenskap mag handhaaf, in die praktyk het wetenskap grootliks ontwikkel as 'n dissipline wat empiriese waarnemings bevestig. Dit poog om moreel neutraal en sonder vooropgestelde waardes te wees. Vanuit 'n suiwer wetenskaplike oogpunt is die maak van kernwapens dus 'n wonderlike prestasie. Vanweë hierdie wapens se vermoë om grootskaalse verwoesting teweeg te bring beskou ons dit egter negatief en vernietigend. 'n Etiese ondersoek is nodig om vas te stel wat positief en negatief is. Tot onlangs toe nog, was die benadering om etiek en wetenskap te skei, met die veronderstelling dat moraliteit langs menslike kennis ontwikkel moet word nog voldoende.
Vandag is die mensdom egter by 'n belangrike kruispad. Dit is baie duidelik dat ons morele opinies nie tred gehou het met die snelle toename in ons kennis en vermoëns nie. Die reperkussies van hierdie nuwe ontdekkings en die toepassings daarvan het sulke verrykende gevolge, dat dit die konsep van die mens se wese en voortbestaan beïnvloed. Dit is dus nie meer voldoende om die beskouing te handhaaf dat ons samelewing alleen verantwoordelik is vir die bevordering van wetenskaplike kennis en tegnologiese vermoëns bokant enige ander oorweging, of dat die keuse oor wat om met hierdie vermoëns te doen, aan 'n individu oorgelaat kan word nie.
'n Manier moet gevind word, om grondige menslike en etiese oorwegings toe te laat, om die rigting van wetenskaplike en veral mediese navorsing te bepaal. Dit is nou nie asof 'n samesmelting van godsdienstige etiek met wetenskaplike ondersoek bepleit word nie. Dit is eerder dat 'n universele etiek, wat die beginsels van deernis, verdraagsaamheid, sorg en bedagsaamheid teenoor ander mense benodig word. Beginsels wat uitstyg bokant die grense van gelowiges en ongelowiges, of aanhangers van hierdie of daardie tipe godsdiens.
Menslike aktiwiteite en wetenskap, is soos vingers aan 'n hand. Solank as wat elke vinger gekonnekteer is aan die handpalm van deernis en onbaatsugtigheid, sal daar vir die welstand van die mens beding kan word.
|
|
|
| Plek |
Voorspelling |
Reën? |
Dag |
Nag |
| Bloemfontein |
Middag Donderstorms |
30% |
30°C |
17°C |
| Kaapstad |
Gedeeltelik Bewolk |
0% |
26°C |
16°C |
| Durban |
Aand Buie |
60% |
27°C |
21°C |
| Johannesburg |
Donderstorms |
30% |
27°C |
15°C |
| Pretoria |
Gedeeltelik Bewolk |
0% |
31°C |
17°C |
| Plek |
Voorspelling |
Reën? |
Dag |
Nag |
| Bloemfontein |
Middag Donderstorms |
30% |
28°C |
17°C |
| Kaapstad |
Mooiweer |
0% |
29°C |
19°C |
| Durban |
Buie |
30% |
29°C |
22°C |
| Johannesburg |
Donderstorms |
30% |
26°C |
16°C |
| Pretoria |
Donderstorms |
30% |
28°C |
17°C |
|
|
|
|
|
| Woordeboek, Thesaurus, Ensiklopedie en heelwat meer... |
|
Finansies
|
AUD 4.53498 - |
USD 6.11500 - |
EUR 7.28842 - |
GBP 10.6183 |
|
|
Persoonlike Lenings Rekenaar
Bereken inligting omtrent die kapitaal en rente terugbetalings van enige lening met hierdie handige finansiële rekenaar.
|
|
Forex Rekenaar Soek die nuutste wisselkoers inligting en skakel 'n som geld van een land oor in die geldeenheid van 'n ander land. |
 Koop die CD of laai die program oor die Internet af. Die speltoetser bevat meer as 310 000 woorde wat 'n verskeidenheid van soortname, plekname, afkortings, akronieme en eiename insluit. Skryf.Net bydraes word almal met hierdie program getoets.
|
|
|
Koop en bestel Afrikaanse boeke in Suid Afrika by Kalahari.net. |
|
 |
Koop en bestel biltong in Australië. 'n Ware fees vir die fynproewer. |
| |
| Vertoonvenster |
| Geen vertoonvenster advertensies gevind nie! |
| Berigte Nuut Bygewerk vir Skryf.Net... |
|
De la Rey! De la Rey!
Opgedateer deur Wouter op 11/03/2007 05:26 (2355 bladsye al gelees)
Generaal de la Rey! Sal jy die boere kom lei? Die afgesaagde onderwerp word weereens aangepak - om mense meer gatvol te maak en om ook belangrike vrae te beantwoord.
[ Lees Meer] 1860 woorde - 1 bladsy Maak Kommentaar
Die Môrester
Opgedateer deur Kemptalk op 12/12/2006 02:23 (1723 bladsye al gelees)
[ Lees Meer] 655 woorde - 1 bladsy Maak Kommentaar
Onsekere Kennis
Opgedateer deur Pieter op 11/12/2005 10:38 (3161 bladsye al gelees)
Weekend Australian, 26-27 November 2005
Hoe sou dit dan nou lyk, as die wêreld deur middel van natuurlike seleksie ontwikkel het...?
[ Lees Meer] 655 woorde - 1 bladsy
|
|
| Kalender |
< Julie 2009 >
| S |
M |
D |
W |
D |
V |
S |
| 28 |
29 |
30 |
01 |
02 |
03 |
04 |
| 05 |
06 |
07 |
08 |
09 |
10 |
11 |
| 12 |
13 |
14 |
15 |
16 |
17 |
18 |
| 19 |
20 |
21 |
22 |
23 |
24 |
25 |
| 26 |
27 |
28 |
29 |
30 |
31 |
01 |
|
| Lukraak |
Geen Advertensies gevind nie.
|
|
Skryf.Net - Soek, Skryf, Nuus en Inligting Kopiereg © Valegro Pty Ltd en Appalachiese Staats Universiteit 2002 - 2006
Instandgehou deur Valegro Pty Ltd www.valegro.com.au en aangedryf deur phpWebSite © Die Webtegnologiegroep, Appalachiese Staats Universiteit
phpWebSite is gelisensieer onder die GNU LGPL
|
|